Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma vermoor: Seun wil nog nie borgtog vra
Richard Warne kort nadat hy in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

’n Gordonsbaaier wat daarvan aangekla word dat hy sy ma vermoor het, het sy borgtogaansoek in afwagting op haar lykskouingsverslag laat vaar.

Richard Warne (31) het Vrydag in die landdroshof in die Strand in verband met die moord op sy ma, Betsie, verskyn. Hy het ’n prokureur van die Regshulpraad SA aangestel.

In antwoord op landdros Karen Scheepers se vraag oor in watter taal die hofverrigtinge moet geskied, het hy gesê in Engels.

Die hof het gehoor hy sal besluit of hy om borgtog aansoek gaan doen nadat hy die lykskouingsverslag gesien het.

Die dossier sal intussen na die kantoor van die direkteur van openbare vervolging (DOV) gestuur word om te bepaal in watter hof hy verhoor gaan word. Dit sal waarskynlik in die hooggeregshof wees.

Warne het met sy verskyning verwaarloos voorgekom met sy lang ongewaste hare en die vel om sy oë wat rooi lyk.

Die huis waarin Betsie Warne en haar seun Richard gewoon het. Foto: Adrian de Kock

Daar was geen familie of vriende van hom in die hof nie – net die ondersoekbeampte.

Scheepers het die saak vir verdere ondersoek tot 28 November uitgestel.

Bure van sy ma het intussen hul verligting uitgespreek dat hy sy borgtogaansoek laat vaar het.

Marie en Willem Sadie sê hulle is bang hy keer terug.

Die Sadie-egpaar het na bewering op die aand van 31 Augustus wakker geword van iemand wat buite hul slaapkamervenster in Engels skreeu: “Daar is ’n dooie vrou hier binne! Ek sê vir julle, hierdie f*kken vrou is dood!”

Die Sadies het die polisie ontbied en beamptes van ’n veiligheidsmaatskappy was spoedig op die toneel en die bure het buite begin saamdrom.

Marie, wat al 20 jaar in Gordonsbaai woon, sê die oorledene het sowat vier jaar gelede langs hulle ingetrek.

Betsie Warne en haar seun Richard.Foto: Verskaf

Meer oor:  Richard Warne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.