Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma wil lewenslank sit ná gifmoord op 4 kinders

Zinhle Maditla, die vrou wat skuldig bevind is daaraan dat sy haar vier kinders vergiftig het, het aan die hooggeregshof in Middelburg gesê sy was spyt dat sy hulle vergiftig het toe sy besef het hulle haal nie meer asem nie.

Maditla, van Klarinet, eMalaheni, het Dinsdag in kruisverhoor vertel wat op 27 Desember 2018 gebeur het toe sy hulle vermoor het.

Sy het getuig sy het aan haar twee dogters van vier en agt en twee seuns, van elf maande en sewe jaar, brood met rottegif daarin gegee.

Sowat ’n uur later het een van die kinders, terwyl hy saam met die ander gespeel het, ineengestort.

“Nog ’n kind het van erge hoofpyn gekla en ek het vir haar Disprin gaan koop en toe ek terugkom, het ek hulle almal gekry waar hulle in die kamer lê en slaap,” het sy gesê.

“Ek het hulle probeer wakker maak, maar besef hulle haal nie meer asem nie. Ek het die kamer gesluit en gaan drink en eers die volgende dag in die vroeë oggendure teruggekom.

“Ek was spyt oor wat ek gedoen het en het by hulle gesit en gehoop hulle word wakker. Ek het wit vloeistof by hulle monde sien uitkom en hulle met ’n nat lap skoongemaak,” het sy getuig.

Zinhle Maditla (24) met ’n vorige hofverskyning. Foto: Bulelwa Ginindza / Daily Sun
Foto: Bulelwa Ginindza / Daily Sun

Maditla het aan die hof vertel sy het gevoel die kinders se liggame word koud en hulle met ’n kombers toegemaak.

Sy het die kamer toegesluit en by ’n vriendin se plek oorgeslaap.

Op 29 Desember het sy teruggekeer, maar niemand van die voorval vertel nie.

Sy kon nie aan die hof verduidelik waarom sy die kinders vergiftig het nie, maar het gesê sy het dit gedoen kort nadat sy haar kêrel en die pa van een van die kinders, Mfanafuthi Shongwe, besoek het.

Shongwe het in dieselfde omgewing gebly en die twee het handgemeen geraak. Maditla het getuig hulle het baklei omdat hy nie vir die kind enige klere vir Kersfees gekoop het nie.

Maditla weet nie waarom sy nie die kinders se dood by die polisie of haar familie aangemeld het nie. Sy het regter Sheila Mphahlele gevra om haar lewenslank tronk toe te stuur.

Meer oor:  Zinhle Maditla  |  Kindermoord  |  Gesinsgeweld  |  Vergiftig  |  Moord  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.