Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma wat kinders ‘vermoor’, drink glo gif

’n Vrou wat na bewering haar twee seuns vermoor het, sal nou tog voor ’n landdros verskyn nadat sy haarself probeer vergiftig het.

Die verhoor van die 32-jarige ma van Dimbaza in die Oos-Kaap het verlede Donderdag in absentia in die hof voortgegaan nadat sy glo haarself om die lewe probeer bring het.

Sy word daarvan aangekla dat sy haar seuns van onderskeidelik een en ses jaar op 29 September vermoor het, volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap.

“Die verdagte het omstreeks 12:00 haar 42-jarige suster gebel en vir haar gesê dat sy haar seuns vermoor het. Die saak is aan die polisie gerapporteer wat die lyke van die seuns op ’n bed by hul huis gevind het,” sê Ngcakani.

Die landdroshof in Dimbaza het verlede Donderdag egter sonder haar teenwoordigheid voortgegaan en die saak uitgestel.

Sy moet weer op 12 Oktober in die hof verskyn.

Meer oor:  Polisie  |  Oos-Kaap  |  Dimbaza  |  Vergiftig  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.