Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ma wat straf vir mishandeling uitdien, mag appelleer

Die ma wat haar driejarige seuntjie mishandel en verwaarloos het, mag teen haar vonnis van 20 jaar appelleer.

Klein Daniel* is in Junie 2016 dood ná veelvuldige houe met ’n stomp voorwerp en brandwonde oor 60% van sy lyf, wat sy voetsole en naelbed “gaar gekook” het.

Sy ma en haar vriend het daarna op aanklagte van kindermishandeling en sy moord tereggestaan.

Hulle het deurentyd skuld ontken, maar die ma is skuldig bevind aan kindermishandeling en verwaarlosing en in 2018 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl haar vriend aan Daniel se moord skuldig bevind en lewenslange tronkstraf opgelê is.

Die ma van die vermoorde driejarige. Die hof het bevind sy het hom mishandel en verwaarloos. Foto: Felix Dlangamandla

Die ma het Vrydagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg aansoek om verlof tot appèl teen haar vonnis gedoen.

Volgens Mario Coetzee, haar prokureur, was die ma se gronde tegnies van aard en behoort sy eintlik net ’n vonnis ingevolge art. 305(6) van die Kinderwet opgelê te word. Selfs dié voorgestelde vonnis van tien jaar is te lank, sê Coetzee. Hy het aangevoer die aanbeveling in die verslag ter strafversagting – dat sy eerder onder korrektiewe toesig moet wees as om tronk toe te gaan – is nie deur die hof in ag geneem nie.

Die staat het die appèlaansoek teengestaan.

Die ma het voorheen getuig dat haar vriend die aand voor Daniel se dood vir haar gesê het: “Ek het hom (Daniel) finaal opgef*k.”

Daar het twee ou beserings, ’n femur- en elmboogfraktuur, in die hof aan die lig gekom en adv. Steven Rubin, staatsaanklaer, het die hof destyds daarop gewys dat ’n eedsverklaring deur die ma ’n “patroon van mishandeling” deur haar vriend toon.

* Daniel is nie die oorledene se regte naam nie. Die hof het beveel dat die media geen name of foto’s van die veroordeeldes se gesigte of dié van die oorledene mag publiseer nie om die veroordeeldes se ander kinders te beskerm.

Meer oor:  Mishandeling  |  Kindermishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.