Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Maimane vir naamskending gedagvaar

Vier voormalige lede van die DA dagvaar Mmusi Maimane, voormalige leier van die party, elkeen vir R1 miljoen vir naamskending.

Suzette Little, Shaun August, Greg Barnardo en Thulani Stemele, wat in Oktober 2018 uit die Kaapstadse metroraad en ook die DA bedank het, het verlede week die bal aan die rol gesit deur hul stukke by die hooggeregshof in Kaapstad in te dien.

Mmusi Maimane, voormalige leier van die DA. Foto: Elizabeth Sejake

Dit volg nadat Maimane vroeër, nog as leier van die party, in een van sy nuusbriewe geskryf het die raadslede – daar was destyds vyf – was volgens ’n verslag van die regsfirma Bowmans almal by onreëlmatighede tenders betrokke.

Hy is November 2018 skriftelik genader om verskoning te vra vir sy “valse en lasterlike verklarings”. Maimane het dit egter geïgnoreer.

Little het onder meer in haar stukke gesê Maimane se uitlatings was onregmatig en lasterlik. Dit is wyd gepubliseer aan ’n nasionale sowel as internasionale gehoor.

Haar en die ander raadslede se bedanking het gekom in dieselfde tyd dat Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, met die DA koppe gestamp het.

In Maimane se Bokamoso-nuusbrief, onder die titel “Kaapstadse Metroraad: Ons kan nie aanspreeklikheid opoffer op die altaar van valse rasseslagoffers nie”, het hy glo afkeurende bevindinge oor sommige raadslede gemaak.

Hy het onder meer geskryf:

“Vir vyf DA-raadslede was die DA verlede maand nie rassisties nie. Noudat ’n geregtelike ondersoek deur ’n geloofwaardige regsfirma hulle glo by tenderonreëlmatighede betrek, is die DA skielik ’n rassistiese party. Die vyf raadslede het bedank en beweer hulle was slagoffers van rassisme. Kan dit toevallig wees dat hulle skielike besluit het die DA is rassisties noudat hulle beskuldig word van wanadministrasie?”

Volgens Little het die opmerkings haar en die betrokke raadslede se reputasie ernstige skade berokken.

“Ons het hom gevra om die verklarings terug te trek, maar hy was arrogant genoeg om dit nie te doen nie. Sy kommentaar het mense se lewe beïnvloed en hy het dit duidelik gemaak dat ons mekaar in die hof sal sien,” sê Little.

“Ons is nooit in die Bowmans-verslag genoem nie.”

Barnardo het bygevoeg Maimane het genoeg tyd gehad om verskoning te vra, maar het verkies om dit nie te doen nie.

“Die stelling(s) is onregmatig, lasterlik en wraaksugtig – en dit het verwoesting in my familie asook my gemeenskap veroorsaak,” sê Barnardo.

Dit was vir hom moeilik om daarna werk te kry omdat maatskappye sy agtergrond nagegaan het.

Maimane is genader vir kommentaar maar het navrae na Dale Schmidt, sy regsverteenwoordiger verwys. Dié wou ook nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Shaun August  |  Mmusi Maimane  |  Naamskending  |  Dagvaarding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.