Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Malema woon Ramaphosa en OB se saak by
Julius Malema, die EFF-leier, Woensdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Sarel van der Walt

Julius Malema, EFF-leier, was Woensdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria waar die saak tussen pres. Cyril Ramaphosa en adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), aangehoor word.

Die EFF steun die OB. ’n Groot aantal EFF-ondersteuners was ook in die stampvol hofsaal.

Ramaphosa vra die hof in dié saak om Mkhwebane se verslag oor die skenking van R500 000 wat sy presidensiële verkiesingsveldtog in 2017 van wyle Gavin Watson van Bosasa ontvang het, op hersiening te laat neem.

Malema het gehoor hoe adv. Vincent Maleka SC, namens die EFF, aan die volbankregters, Dusten Mlambo, regterpresident van Gauteng, Elias Matojane en Raylene Keightley, sê die hof moet die mening verwerp dat die verhouding tussen private en politieke befondsing ’n private aangeleentheid is.

Maleka het ook aangevoer omdat Ramaphosa nie die name van die skenkers van sy presidensiële veldtog bekend wil maak nie dui dit op ’n gebrek aan etiese politieke leierskap aan die president se kant.

Hy het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy die parlement oor die skenking mislei het. Ramaphosa is volgens Maleka ook nie op hoogte gehou van wie geld aan die CR2017-veldtog geskenk het nie.

Adv. Farzanah Karachi, vir die OB, het vroeër Woensdagoggend aan die hof gesê Mkhwebane het van die speaker en die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) verwag om die remediërende stappe wat sy in haar verslag voorgestel het, toe te pas.

Dit is nie waar dat die OB gesê het dit is nie nodig dat die speaker en die NDOV haar regstellende aanbevelings toepas nie, het Karachi aangevoer.

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, en adv. Shamila Batohi, die NDOV, staan soos Ramaphosa die OB se verslag teen.

Hulle meen Mkhwebane se remedediërende stappe maak inbreuk op hul regte. Die OB het in haar verslag gesê die speaker en die NDOV moet teen Batohi optree.

Dinsdag het adv. Wim Trengove SC, vir Ramaphosa, volgehou daar is absoluut geen bewyse dat Ramaphosa die parlement mislei het oor Watson, eertydse uitvoerende hoof van Bosasa, se skenking aan die CR2017-veldtog nie.

Die saak duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.