Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Malmesbury-bedrieër moet slagoffers vergoed

’n Gevonniste bedrieër van Malmesbury in die Wes-Kaap wat mense verkul en hul voertuie onder hul neuse verkoop het, moet altesame sowat R300 000 aan al ses sy slagoffers terugbetaal.

Wayne Stuart Fester (43), ’n bekende handelaar in gebruikte voertuie op Malmesbury, is ook tot tien jaar tronkstraf gevonnis, wat onder streng voorwaardes vir vyf jaar opgeskort is.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê Fester is beveel om ’n totaal van R302 800 oor ’n tydperk van 30 maande te betaal, wat verdeel sal word onder sy ses slagoffers volgens die onderskeie bedrae wat aan hulle verskuldig is.

Nkwalase sê Fester is op 10 April 2014 in hegtenis geneem nadat hy sy slagoffers se voertuie aan ander mense verkoop en die geld vir sy eie gebruik gehou het.

“Die bedrog is tussen April 2010 en Februarie 2014 gepleeg en Fester is uiteindelik op 25 Julie vanjaar in die handelshof in Bellville gevonnis.”

Fester is reeds op 22 Mei skuldig bevind nadat hy skuld beken het op al ses die aanklagte van bedrog teen hom.

Hy is reeds voorheen op soortgelyk aanklagte skuldig bevind en is in Junie 2008 ’n opgeskorte vonnis opgelê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.