Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man (21) vas ná hy glo polisieman met bottel steek

’n Jong man van Petrus Steyn in die Vrystaat verskyn weer volgende week in die hof nadat hy na bewering ’n polisieman met ’n gebreekte bierbottel gesteek het.

Die 21-jarige man het Woensdag vlugtig in die hof verskyn nadat hy glo Maandagoggend speur-konst. Lesezi Mguni, wat aan diens was ten tyde van die voorval, met ’n gebreekte bierbottel in die gesig en bors gesteek het. Mguni het slegs geringe beserings opgedoen en is dieselfde dag uit die hospitaal ontslaan.

Die verdagte het op aanklag van poging tot moord in die hof verskyn en sy verhoor is tot volgende week uitgestel. Hy bly tot dan in aanhouding.

Konst. Puleng Lebakeng, ’n polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes is na ’n taverne in Petrus Steyn om na ’n vermeende verkragter te gaan soek toe die man Mguni glo daarvan beskuldig dat hy sy vriend in hegtenis geneem het.

Die verdagte het weggehardloop nadat hy Mguni glo aangeval het, maar is later die dag by sy huis in hegtenis geneem.

Volgens Lebakeng verskyn die man ook Donderdag in die hof op ’n ander aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy word ook verbind met die beweerde verkragting van ’n 20-jarige vrou in Mamahabane, Petrus Steyn, Maandag omstreeks 02:00. Die voorval het glo gebeur voordat hy Mguni gesteek het.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van die Bethlehem-polisiëringsgebied, sê diegene wat dit moeilik vind om in vrede saam met ander mense te woon, “moet geïsoleer word”.

“Alle inwoners het die reg om in harmonie in hul onderskeie gemeenskappe te leef eerder as in vrees. Daarom sal ons altyd op die spoor wees van diegene wat die handhawing van wet en orde onmoontlik maak,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.