Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man (23) vas vir 5 moorde in KZN

Die polisie in KwaZulu-Natal het ’n 23-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moorde op vyf mense in KwaNdengezi naby Pinetown verlede jaar.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die man is in die Tshelimnyama-omgewing aangekeer.

Een van die slagoffers se selfone is in sy besit gevind. “Die verdagte het Dinsdag sy eerste verskyning in die landdroshof in Pinetown op aanklagte van moord, poging tot moord en die besit van gesteelde eiendom gemaak.

Hy is in aanhouding tot 12 Februarie wanneer hy weer in die hof moet verskyn. Die ondersoekspan verwag dat nog mense in verband met die moorde in hegtenis geneem sal word,” het Naicker gesê.

Drie aanvallers het vyf mense op 26 September verlede jaar omstreeks 21:00 in die Snethemba-omgewing in KwaNdengezi doodgeskiet. ’n Sesde persoon het oorleef.

Volgend Naicker was die slagoffers op pad in ’n voertuig toe hulle van die pad af getrek is. Die aanvallers het uit hul voertuig, ’n Volkswagen Polo, geklim en beveel dat die ses mense uit hul voertuig klim en op die grond gaan lê. Daarna is hulle elkeen in die kop geskiet. Die sesde persoon is in die hospitaal opgeneem.

Bheki Cele, minister van polisie, het KwaNdgengezi-omgewing verlede jaar kort ná die moorde besoek. Cele het toe gesê die polisie sal onverpoos werk om die motief vir die moorde vas te stel. Hy het die moorde as “ernstig” en “bisar” beskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.