Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man (30) gevonnis vir verkragting van 5-jarige

’n 30-jarige man van Tumahole in Parys wat ’n vyfjarige meisie verkrag het, is skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf in die Paryse streekhof gevonnis.

Kol. Thandi Mbambo, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het op 11 April saam met haar maatjies in die Lusaka-township in Tumahole gespeel.

“Haar pa en ma het bekommerd geraak toe dit donker word en omdat sy nog nie terug was nie en het na haar gaan soek, vergesel deur lede van die gemeenskap.”

Hulle het die beskuldigde op heter daad betrap waar hy besig was om die meisie in ’n agterkamer te verkrag en hom na die polisiekantoor gebring.

Mbambo sê teen omstreeks 18:00 het hulle na die man se ouerhuis gegaan wat in dieselfde straat as die meisie se huis is.

Hulle het daar na die meisietjie gaan soek omdat hulle geweet het dat die slagoffer dwelms gebruik en verkeerde dinge in die omgewing doen.

“Hulle het die beskuldigde op heter daad betrap waar hy besig was om die meisie in ’n agterkamer te verkrag en hom na die polisiekantoor gebring.”

Mbambo sê die beskuldigde was in aanhouding totdat hy Maandag gevonnis is.

Sy sê die provinsiale kommissaris van die Vrystaat, lt.genl. Baile Motswenyane, het groot lof gehad vir die uitstekende werk van speur-sers. Pule Modisenyane, wat die ondersoekbeampte in die saak was en wat seker gemaak het dat die beskuldigde permanent uit die gemeenskap verwyder word.

Meer oor:  Parys  |  Verkragting  |  Vonnis  |  Kind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.