Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man (63) wat seuns glo vir seksgunsies betaal in hof

Minderjariges wat glo deur ’n 63-jarige man van Despatch in die Oos-Kaap vir seksuele gunsies betaal is, is Dinsdag in die hof op die hofverrigtinge voorberei.

Die man het die vyf seuns, almal tussen 13 en 15 jaar oud, na bewering tussen 2017 en 2019 vir seksuele gunsies betaal.

Twee van die seuns se ma’s het vroeër aan Netwerk24 gesê die man het die seuns glo elke keer tussen R30 en R500 betaal.

Die man se naam mag eers genoem word nadat hy in die hof op die aanklagte gepleit het.

Hy is in Mei in hegtenis geneem en sedertdien in aanhouding nadat hy sy borgtogaansoek laat vaar het.

Luidens die klagstaat staan hy op vyf aanklagte van statutêre verkragting tereg.

Die man het Dinsdag met gevoude arms ontspanne voorgekom toe hy in die landdroshof in Uitenhage verskyn het, waar sy saak tot volgende week uitgestel is. Kort voordat hy met die trap na die aanhoudingselle afgestap het, het hy eers vriendelik vir ’n vrou in die hof gewaai.

Die ouers, ’n ouma en vriende van die slagoffers het ná die hofsitting bly sit.

Volgens een van die slagoffers se ma’s het die hof hul kinders ingeroep om weer verklarings af te lê, terwyl hulle ook voorberei word op wat hulle te wagte kan wees wanneer die verhoor begin.

“Dit is ons kinders se eerste keer in die hof. Hulle is maar skrikkerig en deurmekaar. Hulle weet nie wat om te verwag nie, so ons is dankbaar vir hierdie soort voorbereiding wat hulle hopelik op hul gemak kan stel, nie dat die saak enigsins maklik is nie.”

Die saak hervat op 23 Januarie om ’n verhoordatum vas te stel.

Meer oor:  Despatch  |  Seksuele Gunsies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.