Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man aangekla van moord op Elim se klein Delvina

Die man (35) van Elim wat Dinsdag kort na 08:00 in verband met die dood van Delvina Europa (6) van Elim vir ondervraging deur die polisie ingeneem is, is van haar moord en verkragting aangekla.

Delvina Europa (6).Foto: Verskaf

Die verdagte verskyn Donderdag in die landdroshof in Bredasdorp op dié aanklagte.

Delvina het Sondagmiddag in Elim verdwyn. Haar lyk is Dinsdag kort na 07:00 deur ’n vrou wat na haar help omsien het in bosse agter die plaaslike laerskool in Elim gevind.

Inwoners van Elim het Maandag, toe dit bekend word dat Delvina soek is, die verdagte geïdentifiseer as dieselfde persoon wat Sondag saam met haar in die rigting van die bosse waar haar lyk gevind is, gestap het.

Hy is Dinsdagoggend in Barrydale, sowat 90 minute se ry van Barrydale, vir ondervraging ingeneem.

Die verdagte, ’n boorling van Elim, is bekend aan Delvina se familie. Hy was in Barrydale om te werk.

Die verdagte het sowat ’n maand gelede uit ’n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes gekom. Netwerk24 het Woensdagmiddag berig dat hy in 2014 skuldig bevind is aan seksuele aanranding van ’n minderjarige tienermeisie, met wie hy ’n seksuele verhouding gehad het. Dit is in die stadium onbekend wat sy vonnis weens daardie oortreding was.

Die verdagte is ook in 2018 aangekla van die verkragting van ’n minderjarige tienermeisie. Die saak teen hom is egter teruggetrek.

* Die polisie het ten tyde van publikasie nog nie op navrae reageer nie.

Meer oor:  Delvina Europa  |  Elim  |  Hofverskyning  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.