Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man agter tralies wat glo dwelms vervaardig

’n Inwoner van Tzaneen, Limpopo, wat glo ’n dwelmfabriek uit sy huis bedryf het, sal ’n week lank agter tralies moet bly voordat hy om borgtog sal kan aansoek doen.

Die huis op Tzaneen waar glo ook dwelms vervaardig word. Foto: SAPD

Philip De Jager Fourie (62) is Dinsdag in hegtenis geneem en het Woensdag vlugtig in die landdroshof op Tzaneen verskyn op aanklagte van die onwettige besit en vervaardiging van dwelms.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê hy sal volgende Woensdag om borgtog kan aansoek doen.

Fourie is in hegtenis geneem in ’n gesamentlike operasie, Zonke, waarvan die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, die polisie se provinsiale dwelmeenheid en speurders deel was.

Tydens die inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op etlike daggaplante en hallusinogene sampioene. Daar is ook toestelle gevind wat glo gebruik is om dwelms te vervaardig. Die polisie vermoed Fourie het dwelms verkoop.

Ngoepe sê die waarde van die dwelms en toerusting waarop beslag gelê is, beloop R500 000.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Die daggaplante wat die polisie by die huis op Tzaneen gekry het. Foto: SAPD
Die dwelmhuis op in Tzaneen waar dwelms ook glo vervaardig word. Foto: SAPD

Meer oor:  Tzaneen  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.