Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man begrawe, wyl vrou in arres is

’n Vrou van Klerksdorp in Noordwes sal Saterdag nie haar man se roudiens kan bywoon nie omdat sy in aanhouding is weens die moord op hom.

Dianne Slabbert (36) is Woensdag in hegtenis geneem ná die dood van haar man, Paul Slabbert (48).

Paul Slabbert (48) is Saterdagaand in Klerksdorp dood.Foto: Verskaf

Sers. Amogelang Mabihi, polisiewoordvoerder, sê die egpaar het Vrydagaand laat glo by die Pirate’s Inn-kuierplek in Klerksdorp baklei.

“Ons weet nog nie presies wat die bakleiery veroorsaak het nie,” sê Mabihi.

Volgens ’n werknemer van Pirate’s Inn het die egpaar ná 23:30 by die kuierplek aangekom. Hulle was glo vroeër die dag by ander kuierplekke.

Daar was glo ’n bakleiery tussen hulle.

Van die ander mense wat ook by Pirate’s Inn was, het probeer ingryp in die bakleiery.

Wat volgende gebeur het, is ’n raaisel, maar ’n motor wat glo deur Dianne bestuur is, het Paul getref.

Dianne het glo ná middernag vol bloed in die kuierplek ingehardloop en om hulp gevra.

Paul het ernstige beserings opgedoen en is op die parkeerterrein dood.

Dianne en Paul Slabbert. Foto: Facebook/Dianne Slabbert

Die egpaar is in Februarie getroud.

Slabbert het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Klerksdorp op aanklag van moord verskyn.

Mabihi sê Slabbert sal in aanhouding bly tot Donderdag, wanneer sy waarskynlik om borgtog sal aansoek doen.

Paul het twee kinders uit ’n vorige verhouding. Sy ouers woon in Heilbron in die Vrystaat. Hy het glo in Heilbron geboer.

’n Vriend van Paul het op Facebook by ’n foto van Dianne geskryf: “Ek sal in my lewe jou nooit kan vergewe!!! Jy het die mooiste man te na gekom!!”

’n Roudiens vir Paul word Saterdag om 11:00 uit die NG moederkerk in Heilbron in die Vrystaat gehou.

Dianne Slabbert (36) het Vrydag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Klerksdorp verskyn. Foto: Facebook/Dianne Slabbert
Meer oor:  Dianne Slabbert  |  Paul Slabbert  |  Klerksdorp  |  Noordwes  |  Moordklag  |  Misdaad  |  Roudiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.