Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man beken skuld aan moord op jong dokter
Ntiyiso Xilumane (26) Maandag in die hooggeregshof in Polokwane. Foto: Twitter/SAUK

Die vermoorde dr. Shongile Nkhwashu (25) se kêrel het Maandag in die hooggeregshof in Polokwane skuld beken aan haar moord in Januarie.

Ntiyiso Xilumane (26) het in die beskuldigdebank sy duim in die lug gehou toe fotograwe foto’s van hom geneem het.

Hy het beken dat hy Nkhwashu verwurg het. Hy is sedert die moord in aanhouding.

Nkhwashu en Xilumane het ’n driejarige seuntjie wat nou by Nkhwashu se ouers in Giyani woon.

Nkhwashu het op 15 Januarie ’n teksboodskap aan Xilumane gestuur waarin sy hom aangespreek het oor sy gedrag wat volgens haar onaanvaarbaar is.

Xilumane is na die Mankweng-hospitaal, sowat 30 km buite Polokwane, waar Nkhwashu in die dokterskwartiere gewoon het.

Hy het haar bo-op haar bed doodgewurg.

Dr. Shongile Nkhwashu (25) van Limpopo is in Januarie vermoor.

Haar lyk, wat reeds begin ontbind het, is eers op 19 Janaurie in haar kamer gekry nadat mense in die dokterskwartiere onraad vermoed het toe ’n slegte reuk uit haar kamer gekom het.

Die kamerdeur was van binne gesluit en die polisie het die deur afgebreek.

Die duvet op Nkhwashu se bed was met bloed bevlek. ’n Helderkleurige serp en ’n pakkie Marie-koekies is op die bebloede bed gekry.

Nkhwashu het begin vanjaar by die Mankweng-hospitaal met haar internskap begin.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR van gesondheid in Limpopo, het Maandag die verhoor bygewoon. Sy het sedert die moord op Nkhwashu hofverskynings van Xilumane bygewoon en haar sterk uitgespreek teen geweld teen vroue en kinders.

Sy het gesê Nkhwashu was ’n belowende jong dokter en die moord op haar "raak die hele samelewing. Sy het die vermoëns gehad om moontlik te kon spesialiseer. Sy het vir van haar vakke meer as 80% verwerf."

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, sê die staat voer ter strafverswaring aan dat Xilumane die moord op Nkhwashu beplan het.

Haar pa, Kenneth Nkwashu, getuig ter strafverswaring.

Die saak duur voort.

Die bed waar dr. Shongile Nkhwashu (25) in Januarie vermoor is. Foto: Rudzani Tshikororo
'n Foto van die vermoorde dr. Shongile Nkhwashu (25) by haar roudiens in Januarie. Foto: Rudzani Tshikororo

Meer oor:  Ntiyiso Xilumane  |  Moord  |  Shongile Nkhwashu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.