Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man bly in aanhouding weens Bettysbaai se brande
Die brand wat in Bettysbaai begin het, het Dinsdag verder in die omgewing van die Kogelberg-natuurreservaat versprei.Foto: Adrian de Kock

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Bettysbaai-brande begin het, bly in aanhouding nadat hy Maandag in die landdroshof in Caledon verskyn het.

Shelton April (34) sal met sy volgende hofverskyning op 14 Januarie om borgtog aansoek doen.

Hy staar aanklagte in die gesig van die oortreding van wetgewing vir die bestuur van ’n beskermde gebied, vir die beweerde stig van ’n brand, die afvuur van iets wat ’n brand kon begin, asook optrede wat tot ’n brand kan lei, sê lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap.

Daar is vroeër beweer dat ’n noodfakkel wat op Oujaarsaand afgevuur is, die brand by Bettysbaai begin het.

Meer oor:  Bettysbaai  |  Aanhouding  |  Fakkel  |  Brande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.