Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Só lyk vrou wat in apteek vermoor is

Die man wat ’n vrou in ’n apteek in Joubertina in die Oos-Kaap vermoor het, sal Donderdag in die hof verskyn.

Maritza van der Linde
Maritza van der Linde Foto: Facebook

Die 46-jarige man staan tereg op die moord van Maritza van der Linde (43), asook van poging tot moord op haar ma, Drusilla Vorster (61).

Die man is aan albei vroue bekend, maar kan eers geïdentifiseer word nadat hy in die hof verskyn het.

Die polisie het die man Dinsdagoggend in die Kloof-apteek op die dorp in hegtenis geneem.

Volgens ’n bron het die man hom nie teen die inhegtenisneming verset nie en dit het voorgekom asof hy kalm vir die polisie gewag het om hom te kom haal.

Luidens die polisieverklaring het die man Dinsdag omstreeks 08:45 die apteek binnegestap en Van der Linde gegryp. Die personeel is na bewering beveel om die apteek te verlaat en Van der Linde is na Vorster in ’n vertrek aan die agterkant van die apteek geneem.

Hier het die man glo ’n mes uitgepluk en Vorster in haar onderlyf gesteek. Van der Linde is verskeie kere met die mes gesteek en op die toneel dood.

Na verneem word is Vorster reeds Woensdagoggend uit die hospitaal ontslaan.

André Bence, eienaar van die apteek, was nie tydens die voorval by die apteek nie en sê die res van sy personeel is ongedeerd. Die personeel was wel getraumatiseer ná die voorval en die apteek was vir die res van die dag gesluit.

Vorster, wat voorheen voltyds vir Bence gewerk het, werk deesdae slegs ’n paar dae om administratiewe take te verrig soos benodig word. Van der Linde, wat blykbaar in Despatch woon, is nie werksaam by die apteek nie en het ten tyde van die aanval by haar ma gekuier.

Bence het die voorval as “verskriklik” beskryf en Vorster ’n spoedige herstel toegewens.

“Sy (Vorster) is ’n absolute dierbare mens. ’n Goeie werker en lojaal. Die mense hier is baie mal oor haar. Dit is ’n verskriklike ding wat hier gebeur het.”

Die motief vir die aanval is nog onduidelik.

Meer oor:  Drusilla Vorster  |  Maritza Van Der Linde  |  Joubertina  |  Apteek  |  Mesdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.