Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man gestraf oor ‘doodsertifikate’ vir reispermitte

’n Man wat vervalste doodsertifikate op vlak 5 van die inperking uitgereik het, is in ’n hof in die Oos-Kaap tot ’n boete van R12 000 of 12 maande tronkstraf gevonnis.

Mbuyiselo Mawawa Lobi is in April vasgetrek vir die uitreiking van dié doodsertifikate wat nodig was om ’n reispermit te bekom om tussen die Wes- en Oos-Kaap te reis.

Hy het Dinsdag in die landdroshof in Aberdeen verskyn, waar hy skuldig bevind en gevonnis is. Die hof het gelas dat die helfte van sy vonnis vir vyf jaar opgeskort word.

Volgens Weziwe Tikana-Gxothiwe, LUR vir vervoer en veiligheid in die Oos-Kaap, het die owerhede hul hande volg gehad met mense wat die provinsie onwettig probeer binnekom het.

Die R61-pad naby Aberdeen was veral gedurende die Paasnaweek ’n kwelpunt vir die verkeersowerhede omdat taxi’s uit die Wes-Kaap die Oos-Kaap hier probeer binnekom het.

Tikana-Gxothiwe sê wetstoepassers het tussen 27 Maart en 30 April 157 voertuie uit die Wes-Kaap by ingangspunte na die Oos-Kaap voorgekeer omdat hul reispermitte nie in orde was nie.

Die LUR sê Lobi se vonnis dien as waarskuwing dat mense wat die wet oortree, gestraf sal word.

“Ons doen ’n beroep op mense om wetstoepassers te ondersteun wanneer hulle in ons gemeenskappe werk om ons belange te beskerm. Saam kan ons die verspreiding van die koronavirus voorkom en verseker diegene wat dit waag om die regulasies te oortree gestraf word.”

’n Lang ry taxi’s uit die Wes-Kaap wat op vlak 5 van die nasionale staat van inperking die Oos-Kaap by Aberdeen wil binnekom. Foto: Verskaf

Meer oor:  Aberdeen  |  Ramptoestand  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.