Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man gevonnis oor hy pornografie aan seun (10) wys

’n Man van Bloemfontein is ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelê nadat hy skuldig bevind is aan ’n klag dat hy pornografie aan ’n kind gewys het.

Thabang Seekoei (32) is Donderdag in die streekshof in Bloemfontein tot vyf jaar tronkstraf gevonnis (wat vir vyf jaar opgeskort is) omdat hy pornografiese materiaal aan ’n tienjarige seun gewys het.

Sers. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, sê Seekoei het in September 2014 ’n rituele seremonie by ’n huis in Phahameng, Mangaung, bygewoon waar hy die slagoffer ontmoet het.

“Die seun was saam met sy ma by die huis en Seekoei het hom eenkant geroep en het aan hom ’n video gewys van mense wat omgang het. Die seun het getraumatiseerd geword, begin rondhardloop en homself in ’n kamer toegesluit,” sê Litabe.

Die seksvideo was op Seekoei se selfoon.

Volgens Litabe het die seun se gedrag sy ma skrikgemaak en sy het agter hom aangegaan en hom gevra wat gebeur het. Die seun het aan sy ma verduidelik wat gebeur het en het haar ’n volledige beskrywing van Seekoei gegee.

Die polisie is gebel en Seekoei is op die toneel in hegtenis geneem. Die video is op sy selfoon gevind.

Litabe sê Seekoei se naam gaan op die register vir seksuele oortreders geplaas word.

Kapt. Paseka Mojaki van die provinsiale speurdiens het die saak ondersoek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Hy  |  Wys  |  Aan  |  Man  |  Gevonnis  |  Oor  |  Pornografie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.