Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man gevonnis wat in Allanridge roof en verkrag

’n Man wat vroue tydens rooftogte verkrag het, is in die rondgaande hof in Virginia tot 36 jaar tronkstraf gevonnis.

Tshediso Samuel Seboholi (31) het by plekke in Nyakallong, Allanridge, ingebreek met die doel om te roof en dan van die slagoffers verkrag.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Vrystaat, sê Sebohili het skuld beken op twee aanklagte van huisbraak met die doel om te roof, asook twee aanklagte van verkragting.

Hy is Woensdag, ingevolge ’n pleitooreenkoms tussen die staat en die verdediging, deur regter Mpina Mathebula tot agt jaar elk vir die twee aanklagte van verkragting en tien jaar elk op die twee huisroofklagte gevonnis. Hy sal effektief 28 jaar tronkstraf uitdien.

Seboholi het erken hy het op 25 Augustus 2018 by ’n pakkamer van die Mosala Senior Secondary School ingebreek en drie vroue, wat oor die skoolkinders toesig gehou het, van hul selfone beroof.

Hy het een van die slagoffers, ’n 39-jarige vrou, na die agterkant van die skoolgebou gedwing en haar verkrag. Seboholi het ook erken dat hy op 10 Februarie 2019 saam met nog ’n man by ’n gesinswoning ingebreek het.

Hulle het ’n vuurwapen en geld by die huiseienaar geëis.

Die twee mans het die huis en motor deurgesoek en drie selfone, drie skootrekenaars, ’n tabletrekenaar en R30 gebuit.

Hulle het die man se 29-jarige vrou verkrag voordat hulle by die huis weg is. Die tweede aanvaller is nooit gevang nie.

Seboholi kon danksy DNS-monsters met die misdade verbind word en is in hegtenis geneem.

Adv. Moipone Moroka het aangekla.

Meer oor:  Allanridge  |  Misdaad  |  Verkragting  |  Verkrag  |  Roof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.