Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man gevonnis wat stiefdogter verkrag wyl sussie moet waghou

’n Man van Mpumalanga is vir die verkragting van sy sewejarige stiefdogter lewenslank tronk toe gestuur.

Haar vierjarige suster moes by die deur waghou terwyl hy haar verkrag.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het die voorval op 22 Februarie 2018 in die Kgwaditiba-trust in Green Valley naby Bushbuckridge gebeur.

Hlathi sê die hof het vroeër vandeesweek gehoor dat die man op die dag van die voorval by die huis aangekom het terwyl die slagoffer geslaap het. Hy het toe die vierjarige beveel om by die deur wag te hou totdat sy vrou huis toe kom.

Die bure het die volgende dag opgemerk dat die slagoffer moeilik loop toe sy van die skool af kom, sê Hlathi.

“Hulle het die meisie gevra wat gebeur het en sy het hulle van die voorval vertel. Die bure het die ma in kennis gestel, wat die bewering as leuens afgemaak het.

“Die bure het toe self die saak by die polisie aangemeld en die man is op 23 Februarie in hegtenis geneem.”

Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat terwyl die twee meisies na ’n plek van veiligheid geneem is.

Landdros Annemarie Theron het Dinsdag met vonnisoplegging in die streekhof in Mhala gesê die man het geen berou getoon oor sy dade nie en hy ontken wat hy aan die kind gedoen het. Sy het ook gedeeltes uit die verslag van die maatskaplike werker voorgelees wat lui dat die slagoffer weens die verkragting aan urinêre inkontinensie (onwillekeurige urinering) ly.

Theron het die man ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en het gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortreders ingesluit sal word.

Geen tronkstraf vir man wat dogter seksueel aanrand 

In teenstelling is ’n 51-jarige man, wat sy dogter oor ’n tydperk van tien jaar seksueel aangerand het, Woensdag tronkstraf van vyf jaar opgelê wat in die geheel opgeskort is, berig Maygene de Wee. Die man sal 24 maande onder korrektiewe toesig wees en 16 maande gemeenskapsdiens doen.

Landdros Kenneth Peters het in sy uitspraak gesê dit was net seksuele aanranding en nie verkragting nie, en die dade regverdig nie tronkstraf nie.

LEES OOK: Man wat dogter 10 j. seksueel aanrand, nie agter tralies

Meer oor:  Bushbuckridge  |  Mpumalanga  |  Hof  |  Misdaad  |  Kinderverkragter  |  Verkragting  |  Gesinsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.