Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man op vergadering van skool se beheerraad gesteek

Die voorsitter van ’n skoolbeheerraad sal na verwagting Maandag vir moord in die landdroshof in eMalahleni verskyn.

Sy verskyning kom ná ’n vergadering Vrydag waarop geweld uitgebreek het en ’n 22-jarige man gesteek is. Die man is later oorlede.

Volgens die polisie blyk dit dat die vergadering in die Laerskool Duvhapark in eMalahleni gehou is om kommer in die gemeenskap te bespreek.

’n Rusie het glo op die vergadering uitgebreek, waartydens die man glo gesteek is, lui die polisie se verklaring.

Die slagoffer het later in die hospitaal gesterf.

’n Man (43) is in hegtenis geneem.

Die departement van onderwys in Mpumalanga veroordeel die voorval en het Maandagoggend amptenare na die skool gestuur. Hulle sal ’n verslag met voorstelle opstel.

Die departement het sy meegevoel met die familie en vriende van die oorledene betuig.

Meer oor:  Emalahleni  |  Skool  |  Vergadering  |  Rusie  |  Moord  |  Beheerraad  |  Sterf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.