Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man gooi tou op in twis oor testament

Die hoftwis oor ’n erfporsie van R3,3 miljoen het ’n dramatiese wending geneem toe een van die partye skielik handdoek ingegooi het en sy sogenaamde aanspraak daarop laat vaar het.

Stephen Fetting (35), ’n boedelpraktisyn van Gariepdam, is nou die erfgenaam van Danie van Huyssteen (57), in lewe ’n prokureur en ’n bekende in die kunskringe van Gariepdam.

Van Huyssteen was sedert 2014 Fetting se werkgewer.

Stephen Fetting (regs) saam met sy prokureur Rikus Stander buite die hooggeregshof in Bloemfontein.Foto: Mike van Rooyen

Francois van der Merwe (47), ’n oogkundige van Langebaan in die Wes-Kaap, het die testament waarvolgens Fetting erf, in die hooggeregshof in Bloemfontein betwis en gesê Van Huyssteen se handtekening daarop is vervals.

Daarom is ’n vorige gesamentlike testament van sy oom, Theunis van der Merwe (67), en Van Huyssteen geldig en erf hý alles, het Van der Merwe aangevoer.

Van der Merwe se eerste getuie, ’n handskrifdeskundige, kon voor regter Fouché Jordaan nie die moontlikheid uitsluit dat dit die handtekening van Van Huyssteen self op die testament is nie.

Boonop het Fetting getuies gereed gehad wat sou getuig dat hulle teenwoordig was op 20 Februarie 2017 en gesien het toe Van Huyssteen die testament onderteken het.

Dit was twee maande ná Van der Merwe se dood. Enkele maande daarna is Van Huyssteen ook dood.

Luidens hul gesamentlike testament het die langslewende (Van Huyssteen) geërf. Indien die langslewende ook sterf en nie ’n ander testament opgestel het nie, het Francois van der Merwe al die bates geërf.

Van Huyssteen en Van der Merwe was sedert 1981 in ’n verhouding.

’n Verheugde Fetting het Woensdag buite die hof gesê Van Huyssteen het voor sy dood gesê hy wil hê dat hy (Fetting) met die praktyk moet voortgaan.

Hy het Van Huyssteen sedert 2004 geken toe hulle albei lede van die ATKV was.

Fetting sê hy gaan so gou moontlik sy studies aan Unisa voortsit om sy regsgraad te voltooi.

Van Huyssteen se twee prokureurskantore in Gariepdam en Bethulie in die Vrystaat is nog gesluit vanweë die hoftwis.

Hy wil so gou moontlik ’n prokureur aanstel om die praktyke oop te maak.

In die testament is voorsiening gemaak om vir sy studies in die regte te betaal.

Luidens ’n ooreenkoms tussen die partye sal elkeen sy eie regskoste betaal. Die gesamentlike regskoste is na raming heelwat meer as ’n halfmiljoen rand.

Adv. Paul Zietsman SC, in opdrag van Rikus Stander van Stander en Green-prokureurs het vir Fetting opgetree. Adv. Neil Snellenburg SC, in opdrag van Pieter Schuurman van Hill McHardy en Herbst, het vir Van der Merwe opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.