Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man het meisie verkrag maar nie vermoor op ‘rave’

’n Jong man is Woensdag in die Kaapstadse hooggeregshof onskuldig bevind aan die moord op sy vriendin op ’n rave-partytjie in die Paarl, maar wel skuldig bevind daaraan dat hy haar die nag verkrag het.

Taariq Phillips saam met Sharisha Chauhan. Foto: Verskaf

Die verhoor van Taariq Phillips (25), wat in Maart begin het, het meestal op mediese en omstandigheidsgetuienis berus.

Die saak spruit uit die dood van sy meisie, Sharisha Chauhan (21), ’n regstudent van Ottery, op 31 Desember 2013 toe hulle ’n rave-partytjie op die Le Bac-landgoed in die Paarl bygewoon het. Hulle het saam met vriende in tente op die landgoed gebly.

Luidens die klagstaat het hulle deur die loop van die aand, omstreeks middernag, dwelms gebruik en gaan dans. Chauhan het kort daarna begin sleg voel en sy en

Phillips is terug na hul tent.

Sowat ’n uur daarna het Phillips glo om hulp geskreeu en Chauhan is kaal in die tent aangetref. Dit het glo gelyk asof sy ’n aanval kry. Phillips was die heel tyd saam met haar.

Nooddiensbeamptes het haar behandel en na die Paarl-hospitaal geneem. Sy is die volgende dag in die hospitaal dood.

Aanvanklik is vermoed dat sy aan ’n oordosis dwelms dood is, maar ’n lykskouing het getoon dat sy dalk vermoor is.

Taariq Phillips voor die hooggeregshof in Kaapstad tydens sy verhoor. Foto: Son/Peter Abrahams

Phillips is eers op 16 Oktober 2014 in hegtenis geneem en op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is dieselfde maand na die hooggeregshof in Kaapstad oorgeplaas.

Hy het al die aanklagte teen hom ontken.

Regter Lee Bozalek het hom Woensdag skuldig bevind aan verkragting, maar nie aan die aanklag op moord nie.

Vonnisverrigtinge sal op 29 Oktober begin.

Meer oor:  Sharisha Chauhan  |  Taariq Phillips  |  Paarl  |  Verkragting  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.