Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof ná tiener se vuurdood

’n Tienermeisie, asook ’n vrou van Welkom, is in minder as ’n jaar op bykans dieselfde grusame manier in Welkom vermoor.

Pabalelo Mokoena (15) se gebrande lyk is op 2 Januarie in ’n oop stuk veld in Constantiaweg, Welkom, gevind.

’n Man wat leë blikkies opgetel het, het op die toneel afgekom.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n buiteband, wat om Mokoena se bolyf was, het nog gebrand.

Naledi Lethoba (21) is in Mei verlede jaar op bykans dieselfde manier as die jongste slagoffer vermoor.

Die polisie kon aanvanklik nie sê of die verminkte lyk dié van ’n man of vrou is nie en net gedeeltes van ’n swart denimbroek kon uitgeken word.

Tsietsi Rasobi (30) het Maandag in die landdroshof in Welkom in verband met Mokoena se moord verskyn.

Naledi Lethoba (21) se moord stem baie ooreen met dié van Mokoena. Haar geskende lyk is in Mei in Dagbreek, Welkom, ontdek. Lethoba se borste is afgesny, haar nek is gebreek en ’n mes was in haar nek gesteek.

Haar lyk is ook in ’n oop stuk veld aan die brand gesteek en was onherkenbaar verbrand. Haar ouers het haar aan die goue krone in haar voortande uitgeken.

Obed Leshoro (19) is vir Lethoba se moord aangekeer en is tans verhoorafwagtend.

Op 8 Desember is Nthabiseng Rampai (22) in ’n huis in Reitzpark, Welkom, vermoor. Niemand is nog in verband met dié moord aangekeer nie.

Rampai se moordenaar het volgens die polisie gewag totdat haar pa die huis verlaat het voordat sy verkrag en vermoor is.

Thakeng sê Rasobi sal in aanhouding bly hangende sy aansoek om borgtog op 22 Januarie.

Meer oor:  Pabalelo Mokoena  |  Welkom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.