Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof ná vermiste meisie (9) se lyk gekry is

Die man wat glo die lyk van ’n vermiste negejarige meisie van Hankey aan die polisie uitgewys het, verskyn vandeesweek op aanklag van moord in die hof.

Die 40-jarige man is binne ses uur nadat Aqhama Tom Maandag as vermis aangemeld is, aangekeer.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, is Aqhama Sondagmiddag laas in Matodlanastraat, Hankey, gesien. Sy is Maandag omstreeks 14:00 as vermis aangemeld.

Nkohli sê speurders en lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Humansdorp het dadelik met hul ondersoek begin.

Die ondersoek het die polisie na die man se huis gelei wat glo ’n buurman van die vermiste meisie is.

Die man is ondervra en later die dag in hegtenis geneem.

Nkohli sê hy het die polisie na ’n bebosde gebied naby die R330 in Hankey geneem en die gebied uitgewys waar die kind se lyk versteek is.

’n Lykskouing moet nog gedoen word om die oorsaak van Aqhama se dood vas te stel.

Die man sal Donderdag op aanklag van moord in die landdroshof in Hankey verskyn.

Meer oor:  Aqhama Tom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.