Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof ná vrou op Sedgefield se strand aangeval is

’n Man wat na bewering ’n vrou Sondag op die strand in Sedgefield in die Suid-Kaap aangeval het, is Maandag in Smutsville opgespoor en in hegtenis geneem.

Die polisie sê die 33-jarige vrou het omstreeks 18:40 met haar hond op Myolistrand gaan stap toe sy aangeval is. Sy het kort tevore haar motor langs die strand geparkeer.

Die vermeende aanvaller het haar na bewering die bosse ingedwing, waar hy haar glo vasgebind en aangerand het. Hy het toe die hond en haar motorsleutels gevat en in haar Volkswagen Polo weggery.

Die beseerde vrou kon haarself loswikkel en het by ’n nabygeleë huis hulp gaan soek.

Die huiseienaar het die polisie gebel en toe self in sy voertuig na die aanvaller gaan soek, het hy aan Netwerk24 gesê.

Hy het die motor in Doverstraat gewaar en dit probeer voorkeer. Die vermeende aanvaller het uit die motor gespring en in die rigting van die strand gehardloop.

“Die vrou se hond is in die motor teruggevind,” sê sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder.

Die polisie en verskeie ander mense het op die strand na die man gesoek en is meegedeel dat hy in Platbank se rigting gehardloop het.

Die honde-eenheid is ook ontbied, maar die man het verdwyn. Die polisie het deur die nag gewerk om hom op te spoor.

Die 34-jarige verdagte is Maandagmiddag in Smutsville opgespoor en in hegtenis geneem.

Hy het Woensdag in Knysna se landdroshof op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die diefstal van ’n motor verskyn.

Nog aanklagte kan moontlik bygevoeg word namate die ondersoek vorder.

Meer oor:  Sedgefield  |  Strand  |  Aangeval  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.