Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof nadat 6 mense in ongeluk sterf

’n Man van Villiersdorp wat na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het, het Dinsdag in die rondgaande landdroshof op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag verskyn.

Ses mense is Sondag omstreeks 16:00 in ’n ongeluk op die Villiersdorp-pad naby die Kaaimansgat-afrit dood.

Riaan Bantom, het volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse provinsiale verkeershoof, na bewering ’n ander voertuig verbygesteek en toe beheer oor sy voertuig verloor.

Die voertuig het in die wingerde langs die pad op sy dak beland.

Drie mans, Bantom se 70-jarige ma, sy 70-jarige tante en sy elfjarige seun is in die ongeluk dood. Sy ma is op die toneel dood en sy tante en seun later in die hospitaal.

Bantom se vrou en dogter is in die ongeluk beseer.

Africa sê Bantom is vir sy ligte beserings in die hospitaal behandel en is daarna deur die polisie in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Woensdag die voorval bevestig.

Die bestuurder van die voertuig het Dinsdag in die landdroshof in Villiersdorp op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag verskyn. Foto: Verskaf

Meer oor:  Sterfgevalle  |  Hof  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.