Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof oor fees wat nooit plaasvind

’n Man het Woensdag in Kimberley in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n jeugfees van R1 miljoen op Colesberg sou aanbied, maar dit het toe nooit plaasgevind nie.

Lesego Stephens Mphake (40) het op aanklagte van bedrog verskyn nadat hy vandeesweek in hegtenis geneem is.

Volgens Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, het Mphake die Noord-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur na bewering bedrieg.

“Die vermoede is dat hy in Desember 2016 die Umsobomvu-jeugfees op Colesberg sou aanbied. Dit het toe nooit plaasgevind nie, al het die departement reeds die geld aan hom oorbetaal.

“Die saak is na die Valke verwys. Hy is op 19 November in hegtenis geneem en borgtog van R20 000 is aan hom toegestaan.”

Die saak is tot 27 Januarie uitgestel.

Meer oor:  Kimberley  |  Fees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.