Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof oor dogter (2) se lyk in plafon

’n Man (47) sal Woensdag in die landdroshof in Klerksdorp op aanklagte van moord en ontvoering verskyn nadat die lyk van sy tweejarige dogter in die plafon van sy huis gevind is.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, het die man sy dogter Donderdag sonder die medewete van sy vriendin in Jouberton gaan haal.

“Die ma was glo in die hospitaal toe hy die kind gaan haal het. Sy is Vrydag ontslaan en het dadelik na die kind begin soek. Sy het Saterdag haar dogtertjie as vermis by die Jouberton-polisiekantoor aangegee.

“Die man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy nie kon verduidelik waar sy is nie. ’n Saak van ontvoering is geopen. Die man se bure het die lykie Maandag in sy huis in Alabama naby Klerksdorp gevind toe daar ’n slegte reuk in die huis was. Hulle het onmiddellik die polisie ontbied. Die man, wat reeds in aanhouding was, is van moord aangekla,” het Funani gesê.

Meer oor:  Klerksdorp  |  Moord  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.