Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man met 'bom' in bank by Menlyn Maine wil skuld beken

’n Man wat glo destyds lid van die Skerpioene was en Dinsdag na bewering die Absa-tak in die Menlyn Maine-winkelsentrum in Pretoria met ’n “bom” probeer beroof het, het die hof Donderdag sommer met die intrapslag meegedeel dat hy, indien moontlik, skuld op aanklagte van terrorisme en poging tot roof wil beken.

Luidens die klagstaat het die 50-jarige Ekhard Albertus Mostert van Garsfontein op 17 September ’n plastiekboks met ’n flikkerende liggie op die toonbank neergesit en aan die kassiere voorgegee dat dit ’n bom is.

bomdreigement
Werkers van winkels in die Menlyn Maine-winkelsentrum drom saam om die vangwa waarin die verdagte van die toneel af vervoer is. Foto: Deaan Vivier

Daarna het hy na bewering ’n groot bedrag geld van Nonsenzosihle Magonelisa, die kassiere, geeïs.

Mostert, bekend as “Mossie”, was luidens bronne vroeër glo ’n lid van die destydse elite-polisie-eenheid, die Skerpioene, deesdae bekend as die Valke.

Dit is nou dié einste eenheid wat die saak teen hom ondersoek.

Nadat Mostert Donderdag vanuit die aanhoudingselle na die beskuldigdebank gestap het, wou landdros Thandi Theledi by hom weet watter taal hy verkies.

bomdreigment, menlyn maine
Polisie- en ander noodvoertuie Dinsdag op die toneel by die Menlyn Maine-winkelsentrum in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Mostert het geantwoord dat hy Afrikaans praat, waarop die landdros sy regte aan hom verduidelik het.

Mostert het gesê hy sal sy eie verdediging waarneem, en, indien moontlik, skuld beken.

Die saak het afgestaan sodat die aanklaer die ondersoekbeampte en senior-beheeraanklaer kan konsulteer oor of sy pleit in die streekhof aangehoor kan word en of dit na die hooggeregshof verwys moet word.

Meer oor:  Pretoria  |  Hof  |  Absa  |  Bom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.