Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man in hof wat homself as soldaat voordoen

Kort voor die president se inhuldiging Saterdag het die Suid-Afrikaanse Weermag agtergekom hy het ’n burgerlike persoon in sy midde wat homself as ’n soldaat voordoen.

Thapelo Iven Mokgosi (29) het Vrydag in die landdroshof in Pretoria verskyn op ’n aanklag van die onwettige besit van ammunisie en militêre kleredrag, asook aanklagte dat hy hom voorgedoen het as ’n militêre beampte.

Daar word ondersoek hoe Mokgosi in besit gekom het van weermag-kleredrag en -ammunisie.

Mokgosi is by die Thaba Tshwane- militêre basis aangekeer.

Hy sal in aanhouding bly tot 29 Mei waarna hy na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydag by navraag gesê Mokgosi was nie by Saterdag se inhuldigingseremonie betrokke nie.

“Dit is blote toeval dat hy aangekeer is kort voor die president se inhuldiging,” sê Naidoo.

Die weermag het Vrydag nie dadelik op navrae gereageer nie.

Netwerk24 het verneem dat hy ook van  bedrog aangekla word nadat hy glo voorgegee het dat 'n naam op die lys van weermaglede wat ingeoefen is vir die rooitapyt-parade by die inhuldiging Saterdag, syne is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.