Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry 10 j. ná hy geliefde wat ‘rondloop’ doodslaan

’n Man wat sy geliefde van tien jaar doodgeslaan het nadat hulle verlede jaar saam Kersinkope gaan doen het, en hy haar ook verdink het dat sy hom met iemand anders verneuk, is in die rondgaande hooggeregshof in Virginia tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Tholang Bokvel Mokhethi (42), ’n plaaswerker, en Tselane Suzan Mothoofela van die plaas Makouvlei in die distrik van Theunissen, was albei dronk toe hulle die dag voor Kersfees van Welkom af teruggekom het nadat hulle Kersinkope gedoen het, blyk dit uit die hofverrigtinge.

Daarna het hulle by Mothoofela se suster, Mpone, gaan kuier waar hulle nog gedrink het.

Mokhethi, wat skuld op ’n aanklag van moord beken het, sê in sy pleitverduideliking in ’n stadium was Mothoofela skoonveld en het hy na haar gesoek. Toe hy weer in Mpone se huis kom, was sy daar. Sy het gesê sy het in ’n slaapkamer aan die slaap geraak.

Omdat hy haar al vir ’n maand van ’n verhouding met iemand anders verdink het, het hy haar nie geglo nie. Hy was kwaad en het haar aan haar hare na buite getrek, waar hy haar met die vuis in die gesig geslaan en haar geskop het nadat sy geval het. Hy het ook haar kop teen ’n muur en die grond gekap.

Hy het haar daarna na hul huis gehelp en hulle het gaan slaap. Kersoggend het hy gesien sy is erg beseer en is toe na Theunissen om vir haar pynmedisyne te gaan kry.

In Theunissen is hy in hegtenis geneem en meegedeel dat Mothoofela dood is. Sy werkgewer het die polisie gebel en sy is per ambulans na die hospitaal in Theunissen gebring waar sy voor haar dood ’n verklaring aan die polisie gemaak het.

Mokhethi sê hy het verkeerdelik gedink dat sy hom bedrieg het en is hartseer oor wat hy as gevolg daarvan gedoen het.

Regter Abe Mathebula het ’n vonnisooreenkoms van tien jaar tronkstraf wat Mokhethi met die staat aangegaan het, bekragtig.

Adv. Moipone Moroka het aangekla. Dawie Reyneke het vir Mokhethi opgetree.

Meer oor:  Theunissen  |  Moord  |  Geweld Teen Vroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.