Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry 10 j. ná hy vrou oor R100-noot doodsteek

’n Man wat sy mededobbelaar ná ’n stryery oor ’n R100-noot doodgesteek het, is in die streekhof op Kakamas in die Noord-Kaap tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.

Pius Salvator April (49) is Donderdag tronk toe gestuur weens die moord op die 27-jarige Nadine Snyers.

April en Snyers was deel van ’n groep mense wat in die woonbuurt Cillie gedobbel het.

Ao. Eddie van Rooi was die ondersoekbeampte in die moordondersoek teen Pius Salvator April.

In die vroeë oggendure van 1 Februarie vanjaar het ’n hewige woordewisseling tussen die twee oor ’n R100-noot ontstaan.

April het omstreeks 04:00 ’n mes uitgepluk en Snyers een keer in haar bors gesteek.

Die beseerde Snyders is in ’n motor na ’n hospitaal in Kakamas geneem. Sy is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

April is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Brig. JK Besnaar, waarnemende distrikskommissaris van die ZFM-distrik, het gesê hy hoop dié vonnis stuur ’n boodskap uit dat geweld teen vroue nie geduld word nie.

Meer oor:  Kakamas  |  Geld  |  Roof  |  Kontant  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.