Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry 25 j. tronkstraf ná hy suster verkrag

’n Oos-Kaapse man wat sy suster verkrag en daarna met ’n mes gesteek en vir die dood agtergelaat het, sal vir die volgende 25 jaar agter tralies deurbring.

Die 21-jarige man van Despatch het Maandag in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) op aanklagte van verkragting en poging tot moord skuld beken.

Sy naam word weerhou om die identiteit van sy suster te beskerm.

Die man het Maandag onder meer erken dat hy sy suster, wat toe 15 jaar oud was, op die aand van 12 Julie 2019 in hul huis in Despatch verkrag het terwyl hul ma by die werk was.

Die hof het gehoor dat hy die betrokke aand dwelms gebruik het. Sy suster het later die aand van ’n skoolgeleentheid gekom.

Hy wou seks met haar gehad het, en sy het geweier. Hulle het geargumenteer en hy het haar verskeie kere met ’n baksteen in die gesig geslaan en haar verkrag.

Hy het haar ná die verkragting met ’n mes in die maag gesteek en vir die dood in hul huis agtergelaat.

Die man is eers vier maande ná die voorval vasgetrek en aangekla. Hy was sedertdien in aanhouding.

Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Verkragting  |  Verkrag  |  Vonnis  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.