Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry 6 keer lewenslank ná hy vrou, 5 kinders met byl doodkap

’n Zimbabwiër is ses keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy vriendin en haar vyf kinders, onder wie ’n baba van ses maande oud, in die Oos-Kaap met ’n byl vermoor het.

Landdros Sizakele Sihlahla het Nowa Makula (32) Maandag in die streekhof in Elliotdale gevonnis. Hy het met vonnisoplegging beaam wat die staatsaanklaer, Chumile Mkentane, gesê het, naamlik dat die enigste gepaste vonnis vir die wrede moorde op onskuldige mense lewenslank op elkeen van die aanklagte is.

Netwerk24 het vroeër berig dat Makula in Maart skuld op al ses aanklagte van moord beken het.

Nowa Makula is ses keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy vriendin en haar vyf kinders. Foto: Luvo Cakata, Mthatha Express

Die slagoffers, Nomzamo Mhlanti (42), Makaula se vriendin, asook haar vyf kinders, Azakhiwe (10), Yibanathi (7), die tweeling Wineka en Thoko (5) en die ses maande oue Luohumlo, is almal op 25 November in hul huis in die Dabekweni-nedersetting naby Koffiebaai vermoor.

Makula het vroeër getuig dat hy en Mhlanti, met wie hy toe reeds agt jaar lank in ’n verhouding was, op die aand van die moorde ’n uitval oor haar beweerde ontrouheid gehad het.

Ná die stryery is hulle bed toe, maar hy kon nie slaap nie en het kort ná middernag besluit om Mhlanti te vermoor. Hy het haar met ’n byl oor die kop gekap en daarna dieselfde gedoen met die kinders, wat by hulle in die kamer geslaap het.

Makula het gevlug nadat hy glo onsuksesvol daarmee was om sy eie lewe te neem. Hy is drie dae later in Ginsberg by Qonce (King William’s Town) vasgetrek, waar hy glo reeds besig was met reëlings om na Zimbabwe terug te keer.

Luxolo Tyali, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het die afhandeling van die saak binne ses maande verwelkom. Hy sê dit is iets waarna gestreef moet word aangesien gemeenskappe wil sien dat geregtigheid so gou moontlik geskied.


Meer oor:  Nomzamo Mhlanti  |  Elliotdale  |  Gesinsgeweld  |  Moord  |  Moord Op Vroue  |  Nowa Makula  |  Kindermoord  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.