Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry 8 jaar oor peuter met kragmeters

’n Man wat met elektrisiteitsmeters gepeuter en gevolglik skade van R180 miljoen vir ’n Oos-Kaapse munisipaliteit veroorsaak het, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Die streekhof in Oos-Londen het Dinsdag vir Gerrit Jan Crowther (53) tronk toe gestuur nadat hy in Oktober op 11 aanklagte van bedrog skuldig bevind is, lui ’n verklaring van kapt. Anelisa Ngcakani, Valke-woordvoerder.

Gerrit Jan Crowther

Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad het Crowther in Junie 2018 in die Strand vasgetrek, nadat hy vir bykans twee jaar sy bedrog voortgesit het.

Volgens die Valke het Crowther in 2016 en 2017 homself as ’n werknemer van Eskom en die Buffalo Stad-metro voorgedoen, waartydens hy voorgegee het om toestelle te installeer wat hy beweer elektrisiteitsverbruik verlaag.

Hy het die sogenaamde toestelle vir tussen R3 000 en R60 000 aan sakelui in die metro verkoop.

Maar volgens Ngcakani het Crowther in werklikheid geen toestel geïnstalleer nie, maar eerder met die elektrisiteitsmeters gepeuter.

Die metro het die saak by die Valke aangemeld nadat hulle die aansienlike daling van verskeie ondernemings se elektrisiteitsrekeninge opgelet het.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.