Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry hofdatum nadat matriekmeisie in BMW sterf

Die bestuurder van die motor waarin Marilize Nortier (18) van Oudtshoorn verlede jaar dood is, moet op 26 November in die plaaslike landdroshof verskyn.

Marilize, ’n matriekleerling van Langenhoven Gimnasium, se lyk is in die motor gevind van ’n man wat nie bekend is aan haar familie nie, nadat sy die aand by ’n vriendin sou gaan oorslaap.Sy was ’n passasier in die BMW toe dit glo op die pad na die Kango-grotte in ’n watersloot beland het.

Sy was steeds in die passasiersitplek vasgegordel toe sy gekry is. Volgens die lykskouing het sy verdrink. Plaaswerkers het op die oggend van 22 September 2019 omstreeks 07:40 op haar afgekom.

Marilize Nortier

Die motorbestuurder is na die Mediclinic George geneem en later ontslaan.

Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het vroeër aangedui die motorbestuurder, ’n man in sy vroeë 20’s, gaan aangekla word van strafbare manslag, alternatiewelik roekelose en nalatige bestuur, asook versuim om op die ongelukstoneel hulp te verleen.

Kapt. Louis Visser, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die man is gedagvaar om op 26 November in die landdroshof in Oudtshoorn te verskyn.

Marilize se pa, Morné Nortier, het vroeër gesê ’n vriendin het Marilize kom oplaai en sy sou daar oorslaap. Hulle het egter gaan kuier sonder haar pa se medewete of toestemming.

Haar pa het nie die motorbestuurder geken nie.

Volgens Marilize se selfoonrekords het sy eers kort voor die ongeluk met die man begin gesels. Sy en ’n groep vriende is later by ’n kuierplek gesien, maar dit is nie bekend waarom sy in die man se motor was nie.

Die motor se wrak van voor gesien.
Die motorwrak van die kant gesien.

Die bestuurder het in oorleg met sy prokureur besluit om nie ’n verklaring by die polisie af te lê nie.

Die man se naam is bekend aan Netwerk24, maar dit mag nie gepubliseer word voordat hy in die hof verskyn het nie. Sy Facebook-profiel het vroeër gewys dat hy onder meer by die Hoërskool Outeniqua in George skoolgegaan het. Sy ma is om kommentaar genader. Sodra dit ontvang word, sal dit bygewerk word.

Op die Facebook-blad “Truth4Marilize” het mense geskryf hul hart gaan uit na Marilize se familie nadat dit bekend geword het dat die dagvaarding om in die hof te verskyn op die man beteken is.

Meer oor:  Marilize Nortier  |  Oudtshoorn  |  Padsterftes  |  Hof  |  Matriek  |  Strafbare Manslag  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.