Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry lewenslank nadat hy meisie 2 keer verkrag

’n Man van Kaapstad is Donderdag in die streekhof in Parow tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat hy ’n tienjarige meisie twee keer verkrag het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Sikhumbuzo Magolaza is op 18 April op twee aanklagte van verkragting skuldig bevind.

Volgens Ntabazalila was daar verskeie struikelblokke in die saak: Die eerste aanmelding van die voorval was deur ’n minderjarige, die slagoffer se ouers wou aanvanklik nie hul samewerking gee nie en haar ouma was te oud om te getuig.

Die slagoffer is in Desember 2016 in Delft deur Magolaza verkrag terwyl haar ouma, wat uit die Oos-Kaap daar gekuier het, na haar moes omsien.

Ons kon al die probleme in die saak uitstryk en hom suksesvol vervolg.

Magolaza was in ’n verhouding met die slagoffer se ma en het die naweek daar oorgeslaap.

Volgens Ntabazalila het die ouma dronk geword terwyl sy na die slagoffer moes omsien, en het Magolaza die slagoffer die Vrydag- en Saterdagaand verkrag.

Die slagoffer het niemand vertel nie omdat Magolaza haar gedreig het.

In Maart 2017 het die meisie van blaasontsteking gekla en met haar besoek aan die dokter gesê sy is verkrag.

In sy getuienis het Magolaza beweer die slagoffer se pa was kwaad omdat hy (Magolaza) en sy vrou in ’n verhouding was, en ook dat die ouma nie ten tyde van die voorvalle in die Kaap was nie.

Ntabazalila sê die ouma was te oud om te getuig, maar die slagoffer se ouers het albei getuig dat die ouma eers in Januarie 2017 terug is Oos-Kaap toe.

Albei aanklagte is vir vonnisoplegging saamgevoeg.

“Ons kon al die probleme in die saak uitstryk en hom suksesvol vervolg,” sê Ntabazalila.

Meer oor:  Eric Ntabazalila  |  Kaapstad  |  Parow  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.