Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry lewenslank vir moord op dokter van Limpopo
Dr. Shongile Nkhwashu (25) is in Januarie in Limpopo vermoor. Foto: Verskaf
Ntiyiso Xilumane in die hof. Foto: Twitter/SAUK

Suid-Afrikaners kry swaar weens die skrikbewind wat moordenaars, verkragters en rowers voer, en is siek en sat vir geweld.

So het regter Ephraim Makgoba, regterpresident van Limpopo, Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane gesê toe hy die moordenaar van ’n jong dokter tot lewenslange tronkstraf gevonnis het.

Ntiyiso Xilumane (26) het Maandag skuld beken vir die moord op dr. Shongile Nkhwashu (25) wat in Januarie in die dokterskwartiere by die Mankweng-hospitaal, sowat 30 km buite Polokwane, vermoor is.

Jy as vrou het nie ’n man nodig om jou aan te vul nie. As daar die geringste teken van geweld is, kom so vinnig as moontlik uit die verhouding.

Xilumane het beken dat hy Nkhwashu, met wie hy in ’n verhouding was, op 15 Januarie verwurg het. Hy het van Giyani na Mankweng gery om haar te vermoor nadat sy vir hom ’n teksboodskap gestuur het waarin sy gekla het oor sy onaanvaarbare gedrag teenoor haar.

Haar lyk, wat reeds besig was om te ontbind, is eers op 19 Januarie op haar bed in haar kamer gekry nadat mense in die dokterskwartiere onraad vermoed het toe ’n slegte reuk uit haar kamer gekom het.

Die kamerdeur was van binne gesluit en die polisie moes die deur afbreek. Die paartjie het ’n driejarige seun wat sedert die moord op sy ma by sy grootouers in Giyani woon.

Mawewe Kenneth Nkhwashu, Shongile se pa, het ter strafverswaring getuig. Hy het aan die hof gesê Xilumane het aan hom verskeie teksboodskappe in November en Desember 2019 gestuur waarin hy vulgêre taal gebruik het.

mans moet ophou om hulself soos diere te gedra.

Hy het ook kaalfoto’s van sy dogter aan hom gestuur en hom gedreig.

Adv. Eric Mabapa, staatsaanklaer, het in sy slotbetoog aangevoer dat Xilumane die moord op Nkhwashu beplan het.

"Hy het nooit enige berou getoon nie. Hy het in ’n teksboodskap aan haar pa gesê as hy nie Shongile “kan hê nie sal niemand haar ooit hê nie”.

Makgoba het tydens vonnisoplegging geslagsgeweld ten sterkste veroordeel en gesê “mans moet ophou om hulself soos diere te gedra”.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid, het die swaar vonnis van Xilumane verwelkom.

“Dit sal haar ongelukkig nooit kan terugbring nie, maar ek is verlig oor die vonnis.”

Sy het vroue gewaarsku om nie tekens van geslagsgeweld af te maak as niks nie. “Jy as vrou het nie ’n man nodig om jou aan te vul nie. As daar die geringste teken van geweld is, kom so vinnig as moontlik uit die verhouding.”

Sy het die regstelsel geloof dat Xilumane swaar gestraf is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.