Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man kry lewenslank vir verkragting van susterskind

’n 22-jarige man van Mangaung is in die landdroshof in Bloemfontein lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van sy 11-jarige susterskind.

Die verkragting het tussen Februarie 2017 en Augustus 2018 plaasgevind.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die meisie het in Augustus ’n onderwyser by haar skool van die dade vertel, waarna die juffrou die voorval by die polisie aangemeld het.

Konst. Mamotshidisi Phiri, van die Mangaung-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksmisdade, het die saak ondersoek en die man is twee dae later in hegtenis geneem.

*In ’n ander voorval is Tom Stock (69) 15 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n 13-jarige verstandelik gestremde meisie verkrag het.

Volgens Hlubi het Stock die meisie op 12 September 2017 voorgekeer terwyl sy op pad skool toe was en haar na sy huis geneem waar hy haar verkrag het.

Die verkragting het later dieselfde dag aan die lig gekom toe die meisie die geld, wat Stock vir haar ná die verkragting gegee het, met vriende gedeel het.

Haar ma het haar gevra waar sy die geld kry en die voorval aangemeld. Stock is in hegtenis geneem en was in aanhouding totdat hy einde Julie gevonnis is.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Mangaung  |  Hof  |  Kinderverkragting  |  Verkragting  |  Vonnis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.