Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man neem glo sy eie kinders af om porno te maak

’n 44-jarige man van Port Elizabeth wat glo skelm foto’s van sy kinders geneem het om kinderpornografie te vervaardig, sal moontlik aanstaande maand verhoor word.

Daar is glo al tot minstens 40 kaalfoto’s van sy kinders by die man gevind sedert die polisieondersoek begin is.

Foto ter illustrasie.Foto: ALZANE NARRAIN

Die man het Dinsdag vlugtig in die landdroshof verskyn waar die saak vir verdere ondersoek tot 30 Oktober uitgestel is.

Sy naam mag nie genoem word totdat hy amptelik op die aanklagte gepleit het nie.

Hy staan tereg op aanklagte van die vervaardiging, besit en verspreiding van kinderpornografie.

Polisiebeamptes van die Gautengse reeksmisdaad-ondersoekeenheid het verlede jaar by die man se huis in Lorraine toegeslaan nadat hy met ’n kinderpornografiesindikaat, Cloud 9, verbind is.

Die polisie se ondersoekspan het deur meeste van die forensiese inligting gewerk en sal moontlik teen die volgende hofdatum gereed wees om ’n verhoordatum vas te stel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.