Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man ontken aanklag nadat hy vrou middeldeur ry

’n Prokureur van Bloemfontein het skuld ontken op ’n aanklag van strafbare manslag nadat hy na bewering ’n vrou met sy bakkie middeldeur gery het.

Cobus Bredenkamp het ook in die landdroshof in Bloemfontein voor landdros Richard Lawrence skuld ontken op ’n aanklag dat hy van ’n ongelukstoneel weggery het sonder om hulp aan ’n slagoffer te verleen.

Cobus Bredenkamp vroeër ná ’n hofverskyning. Foto: Alzane Narrain

Hy het ook skuld op alternatiewe aanklagte van roekelose en nalatige bestuur ontken.

Hy het geen pleitverduideliking gegee nie.

Die aanklagte teen hom spruit uit die dood van Xoliswa Sandlhana (35), ’n werknemer van die Wimpy langs die N1-hoofweg buite Bloemfontein, op 22 April verlede jaar.

Sy was saam met kollegas besig om van wes na oos oor die snelweg te loop toe sy raakgery is.

Sandlhana se bene is glo in die ongeluk afgeruk en haar lyf is middeldeur geruk. Die bokant van haar kop is glo ook afgeruk.

Adv. Willem Edeling het Donderdag namens Bredenkamp dit aan ’n staatsgetuie gestel op ’n video-opname van die vulstasie kan ’n mens sien hoe hulle oor die pad loop en een skielik omdraai en reg voor die voertuig inloop.

Edeling tree in opdrag van Pieter Peyper van Peyper Austin-prokureurs op. Adv. Allan Simpson kla aan.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.