Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man ontstoke ná moordverhoor wéér uitgestel is

Vir Jurie Steenberg (55) was dit net een te veel toe hy Maandag hoor dat die saak teen die vermeende moordenaars van sy vrou vir die soveelste keer in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel word.

“Dis ’n f***n sirkus,” het hy ná afloop van die verrigtinge gesê.

Sy vrou, Riekie (51), is op 29 Junie 2016 in ’n aanval op hul kleinhoewe in Kameeldrift naby Cullinan dood. Riekie is in die skouer geskiet en die koeël het ’n aar getref. Jurie is in die blad getref.

Jurie Steenberg Maandag in die hooggeregshof in Pretoria waar die saak teen die vermeende moordenaars van sy vrou, Riekie, weer uitgestel is. Foto: Isabel Venter

Jurie se eerste vrou, Suna, is in April 2010 ook in ’n aanval vermoor.

Sedertdien het Jurie die kleinhoewe verkoop en weggetrek.

Niemand is nog vir Suna se moord aangekeer nie, maar ’n jaar ná die moord op Riekie is Ephraim Semake (25) en Dolph Sambok (45) in April 2017 in Brits in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Dit was Jurie se rewolwer wat die vorige jaar in die aanval gebuit is.

Semake en Sambok staan tereg op aanklagte van huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, moord, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die verhoor was veronderstel om Maandag te begin en die staat was gereed. Maar Sambok het Vrydag ’n nuwe prokureur aangestel wat nog nie genoeg tyd gehad het om voor te berei nie.

Dolph Sambok en Karabo Ephraim Semake Maandag in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Isabel Venter

Die staat sê Sambok het aangedui dat hy skuld gaan ontken en al die staat se bewyse sal betwis. Dit sluit glo ook ’n bekentenis in wat hy kort ná sy inhegtenisname voor ’n landdros sou afgelê het.

Weens Sambok se voorneme meen die staat die verhoor sal drie weke duur en het gevra dat die saak tot die eerste beskikbare datum uitgestel word.

Regter Bert Bam het die versoek toegestaan, maar sê dit is onaanvaarbaar dat daar so gesloer word.

Hy het die verdediging en die staat beveel dat hulle gereed moet wees om op 26 November met die verhoor te begin.

Semake en Sambok bly in aanhouding.

Meer oor:  Kameeldrift  |  Cullinan  |  Moordverhoor  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.