Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man pleit onskuldig op moord in Kameeldrift

Justice Sethlangu (37), wat teregstaan op ’n aanklag van moord op Johann Heunis op sy kleinhoewe buite Pretoria, het Maandag in die hooggeregshof in Pretoria onskuldig gepleit.

Justice Sethlangu in die beskuldigdebank. Foto: Christiaan du Plessis

Hy pleit ook onskuldig op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die besit van ’n vuurwapen en ammunisie en ander aanklagte wat verband hou met twee afsonderlike huisrooftogte in die Kameeldrift-omgewing.

Dié twee huisrooftogte was in dieselfde omgewing waar Heunis op 1 Oktober 2016 voor sy vrou, Mariandra, en hul oudste dogter, Mieke, doodgeskiet is.

Mariandra was in daardie stadium hoogswanger met die egpaar se vierde kind, André.

Sy word sedertdien gereeld deur AfriForum gevra om op sy veldtogte oor plaasmoorde te praat. Sy was nie Maandag in die hof nie.

Die staat voer aan Sethlangu was saam met twee ander mense betrokke by die rooftog in Marti Koen se huis vier maande voor die moord op Heunis. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy op 29 Julie saam met dieselfde twee makkers by die huis van Stephanus Lourens en Maria Beets ingebreek en hulle vasgebind en beroof het.

Koen is Maandag nadat Sethlangu gepleit het, geroep om te getuig. Sy het met ’n hees stem getuig hoe die drie rowers op 21 Junie 2016 by haar slaapkamer ingekom het. Al drie was gewapen en een het ’n vuurwapen by hom gehad. Die een met die vuurwapen het haar op haar sy op die bed vasgedruk en haar kop gedraai sodat sy nie kon omdraai om te kyk wat aangaan nie.

“Hulle het herhaaldelik gesê ek gaan doodgemaak word. Ek kon sien hulle is gestres. Hulle het vinnig beweeg en hulle het gesweet,” het Koen getuig.

Sy is later gedwing om die kluis in een van die kamers op die tweede verdieping oop te maak.

Die rowers het met R33 000 kontant, elektroniese toebehore en waardevolle juwele weggekom.

Meer oor:  Johann Heunis  |  Justice Sethlangu  |  Pretoria  |  Kameeldrift  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.