Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man sit lewenslank ná verkragting

’n Man wat sy vriend se minderjarige dogter verkrag het, is in die streekhof in Ladybrand tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, polisiewoordvoerder, sê die 53-jarige man is daaraan skuldig bevind dat hy ’n 11-jarige meisie op 17 Augustus 2014 in haar ouerhuis in Manyatseng, Ladybrand, verkrag het.

Die meisie se pa het haar dié dag alleen by die huis gelos toe hy en sy vriend by ’n sjebien gaan kuier het.

’n Rukkie later het die man die meisie se pa by die sjebien gelos. Hy is na sy vriend se huis waar hy die meisie verkrag het.

Met die pa se aankoms by sy huis het hy sy vriend in die huis betrap.

Die man het gevlug en is ’n dag later in hegtenis geneem.

Meer oor:  Ladybrand  |  Tronkstraf  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.