Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man steek vrou met kleinkind op skoot meer as 20 keer met mes

’n Man wat sy vrou meer as 20 keer met ’n mes gesteek het, is Woensdag in die hooggeregshof in Kimberley tot 26 jaar gevangenisstraf weens haar moord gevonnis.

Monroe Clayton Lee

Hy is ook op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind.

Monroe Clayton Lee het sy vrou, Mitashja Lee, op 20 Augustus 2016 meer as 20 keer met ’n mes gesteek. Haar kleinkind, wat sy tydens die voorval vasgehou het, het ook steekwonde opgedoen.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die polisie se bestuur is tevrede met die ondersoek, die vervolging se hantering van die verhoor en die uitspraak.“Dit was alles in die belang van geregtigheid. Die vonnis moet diegene afskrik wat vroue en kinders se kwesbaarheid misbruik.”

Meer oor:  Mitashja Lee  |  Monroe Clayton Lee  |  Kimberley  |  Aanranding  |  Kleinkind  |  Mes  |  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.