Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man trek klag teen moordenaar terug voor moord in Reitz

At le Roux (73) het ’n ruk voor sy dood ’n aanrandingsklag teen sy moordenaar, MJ Sikhosana (35), teruggetrek.

Sikhosana het Le Roux op 19 Julie 2018 met ’n brandblusser in sy tuinwoonstel in Reitz doodgeslaan.

At le Roux (73) wat in Julie 2018 vermoor is, se moordenaar is Dinsdag tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.Foto:
In Oktober 2017 het Le Roux ’n klag teen Sikhosana ingedien nadat dié hom glo in sy woonstel gewurg totdat hy sy bewussyn verloor het.

Le Roux se dogter, Hettie Steyn, sê sy meen haar pa was bang vir Sikhosana en het daarom die klag teruggetrek.

Steyn sê haar pa het gereeld vir Sikhosana kos gegee, maar nadat Le Roux gesien het hoe Sikhosana die kos weggooi wou hy hom nie weer help nie.

Steyn sê sy glo Sikhosana het daarna ’n wrok teenoor haar pa gekoester.

Sikhosana is Dinsdag in die streekshof in Reitz deur streekslanddros Monde Matshaya tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Matshaya het ook beveel dat Sikhosana nie in aanmerking mag kom vir parool voordat Le Roux se naasbestaandes daaroor in kennis gestel is nie.

Sikhosana het vroeër getuig dat sy vingerafdrukke op die moordwapen, ’n brandblusser, was omdat hy vir Le Roux in sy motorhuis gehelp het. Matshaya het Sikhosana se getuienis verwerp en gesê dat Sikhosana geen berou of enige medelye met Le Roux se familie getoon het nie.

MJ Sikhosana is tot 20 jaar tronsktraf gevonnis weens die moord op At le Roux. Foto: Verskaf
Volgens die nadoodse ondersoek is Le Roux se skedel verbrysel, maar hy het weens bloed in sy longe gesterf.

Steyn sê haar pa se dood het ’n verskriklike invloed op haar en haar familie gehad. Haar kinders, Emmerentia (16) en Francois (12), wil nie in die dorp kom nie en sal berading moet kry.

Steyn se suster, Anet Boshof, is ’n enkelouer en sy en haar dogter, Janeke (12), het saam met Le Roux op die erf gebly.

Janeke het ’n baie hegte band met haar oupa gehad en probeer nou sy skoene volstaan deur instandhoudingswerkies op die erf te doen.

Die aanklaer, Teboho September, het vir die swaarste moontlike straf gevra en gesê Sikhosana het reeds op 14 jaar vir die eerste keer met die gereg gebots en het 16 vorige veroordelings vir diefstal en huisbraak.

Meer oor:  Reitz  |  Hof  |  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.