Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man tronk toe ná mesmoord op sy vrou
Trewees Williams en Monique.

’n Man wat sy vrou buite hul huis in Thaba Nchu vermoor het deur haar 18 keer met ’n mes te steek, is in die rondgaande hooggeregshof in Botshabelo tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Lepono Lekale het Trewees Coach Williams (55) Dinsdag daaraan skuldig bevind dat hy sy vrou, Monique (55), op 9 Januarie verlede jaar vermoor het.

Monique was ’n departementshoof van die Mmabana- kulturele sentrum in die dorp en ’n grafiese kunstenaar.

’n Rusie het dié aand in die agterplaas van die huis in Brandstraat 44 ontstaan Trewees het haar daarna aangeval.

Terwyl sy op die grond gelê het, het hy op haar gaan sit en haar herhaaldelik met ’n mes gesteek.

’n Dag later het Monique se seun, Julian Flanegan (28), ’n boer van Tweespruit, op haar bebloede lyk buite die huis afgekom.

Pepersproei het langs haar lyk gelê.

Trewees is ure later in hegtenis geneem.

Volgens die lykskouing het Monique verskeie steek- en snywonde aan haar lyf gehad.

Van Monique se bloed is aan Trewees se T-hemp en broek wat hy dié dag aangehad het, gekry.

Adv. Rudolf Hoffman het aangekla. Adv. Lawrence Tshabalala het vir Trewees opgetree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.