Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man tronk toe oor hy blouape mishandel

’n Man van Brandfort in die Vrystaat is een jaar tronkstraf opgelê wat vir drie jaar opgeskort is nadat hy Woensdag aan dieremishandeling skuldig bevind is.

Petrus Tshukudu (40) mag ook vir vyf jaar geen diere aanhou nie omdat hy twee blouape mishandel en verwaarloos het.

Petrus Tshukudu (40) van Brandfort is een jaar tronkstraf opgelê waarvan drie jaar opgeskort is nadat hy twee blouape verwaarloos het. Foto: Verskaf

Die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) het op 31 Augustus 2018 ’n wenk gekry dat twee blouape op ’n erf op Brandfort aangehou word.

Tebogo Maswanganye, ’n inspekteur by die DBV, sê toe hulle op die perseel aankom, het hulle twee blouape aangetref. Albei was vasgebind, een met ’n baie kort tou en die ander met ’n ketting, met min tot geen ruimte in hul hokke nie.

“Albei ape het geen tekens van beweging getoon nie. Die arme diere het baie depressief, selfs deurmekaar, gelyk.”

Een van die blouape wat weens ’n te stywe tou om sy middel nie meer behoorlik kon asemhaal of vreet nie. Foto: Verskaf

Weens die skerp sonlig waaraan hulle blootgestel is, kon die ape se oë nie meer oopgaan nie.

Hulle was ook uitgeteer en ontwater.

“Die toue was baie styf om hul maag gespan, wat dit moeilik vir die diere gemaak het om te vreet. Hulle kon ook skaars asemhaal.”

Daar was niks behalwe grond in die hokke nie.

Die blouape moes uitgesit word omdat hulle te swak was en nie kon vreet nie. Foto: Verskaf

Die veearts het die ape van kant gemaak omdat hulle gesukkel het om kos binne te hou. Hulle was net te swak, sê Maswanganye.

Hulle het ook ’n hond aan ’n ketting verwyder.

Tshukudu het Woensdag in die hof gesê hy het geglo hy help die ape wat andersins nie ’n huis sou hê nie.

Maswanganye het gesê hy is baie tevrede met Tshukudu se straf omdat dit ook in die belang van die gemeenskap is.

“Dit is ’n baie goeie manier om ’n boodskap uit te stuur dat ons diere reg moet behandel.

“Ek glo dit is elke mens se verantwoordelikheid om na alle diere daarbuite te kyk. Ongeag van jou geloofsoortuiging of kultuur, is dit ’n mens se plig om na alle diere te kyk en hulle te respekteer.”

Tshukudu, wat verskeie diere, insluitend bokke, hoenders, varke en honde, in sy sorg gehad het, sal vir vyf jaar geen diere mag aanhou nie.

Meer oor:  Petrus Tshukudu (40)  |  Brandfort  |  Vrystaat  |  Skuldig  |  Dieremishandeling  |  Tronkstraf  |  Bevind  |  Een Jaar  |  Opgelê
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.